
Husse
Alle Husse word nou met die hand gebrei! Dit maak dit nog meer eg aan ons land en dit skep ook werksgeleenthede. Elke Hus word onderwerp aan kwaliteitbeheer om te verseker dat dit van die hoogste gehalte en standaard is.
Die groote is ongeveer 30cm van bo tot onder – behalwe vir Baba-hus wie se ore nog moet groei. Aangesien elke Hus met die hand gebrei is, is nie twee presies dieselfde nie. Elkeen kry ‘n etiket en mini prentjieboekie aangeheg en dan netjies verpak in ‘n selofaanpapiersak.
Husse kan by die Husse fabriek bestel word. Skakel Lalie: 083 324 9949
Husse can be ordered from the Husse factory. Contact Lalie: 083 324 9949
Goudkleurige blink Hussies
Hierdie Hussies het ‘n ogie om aante hang. Dit kan gebruik word as ‘n hangertjie, selfoonklip, sleutelhouer en ook as ‘n handsakklip.