|
Begrafnisversoek
As ek dood is, wees tog bly
Gaan skryf 'n versie, net vir my
Hou op huil en moenie treur
Want God se Wil, het nou gebeur!
Hier Bo kan ek nog lekker praat
Hier's gawe engele in die straat
Ons kuier heeldag heen en weer
en sing en luister, vir ons Heer
Ek wil net weer kom dankie se
Dat ek in vriendskap kon belê
Ek wens jul almal sterkte toe
en mag die tee en koek, nou lekker proe! |
|
Little me
I have, dear God, a little piece
That's left of all my strive
It is so small
It is so weak
It's just-just still alive
Would You help to water it?
Would You help me try?
Would You make it strong again?
I don't want it to die...
|
|
Poppies
Ek sien 'n veld waar poppies staan
Hul elkeen het 'n rokkie aan
Hul wals en wikkel in die wind
En dans en draai in kelkies lint!
Ek sien 'n donker sekel kom
Die afguns groot, die haat is krom
Ek sien 'n lem deur stingels swaai
Tot daar net een ou poppie draai...
Ek sien 'n veld waar poppies blom...
Die saadjies het weer opgekom... |
|
The Risk
From out the eye there came a soul
... blinking from the bright
For in the Wisdom of the Fall
... the Balance was the flight!
|